Surrey Estate Neighbourhood Patrol
Pluto Road Surrey Estate
Tel: 021 637 1537
Van
SAPD
MOET VIR GEEN REDE UIT JOU HUIS UIT GELOK WORD NIE - VERSPREI ASB
Stede / dorpe / plase / plotte – dieselfde beginsels geld oral
■ Moenie uitgaan na jou “krag-box” om te kyk wat aangaan as jou krag afgaan nie
– kry eers hulp van buite af in !!
■ Moenie uitgaan om te kyk hoekom loop daar water uit jou krane of in jou tuin
nie – die krane kan nie vanself oopgaan nie – kry eers hulp van buite af in !!
■ Moenie uitgaan as iemand om “hulp roep” of “gewond” by jou huis aankom nie –
bel die nodige nood-eenhede soos polisie, ambulans, Sekuriteits reaksie
eenheid, Buurtwag ens !!
■ Moet ook nie goedsmoeds vir die “polisie” oopmaak nie .. kontak jou naaste
polisiestasie en bevestig eers alle details !!
■ Moenie uitstorm as jou voertuig(e) se alarm afgaan nie – daar moet ‘n
(moontlik gevaarlike) rede wees daarvoor !!
■ Moenie uitstorm om te kyk hoekom jou honde dringend en aanhoudend blaf nie –
daar moet ‘n (gevaarlike) rede wees daarvoor !!
■ Moenie gaan kyk hoekom “huil daar ‘n baba” by jou kamervenster of by jou hek
nie – die “Suster Theresa-gevoel” kan jou lewe kos !!
■ Moenie uitgaan as klein hondjies op jou stoep of by jou voordeur neergesit
word nie. Bel dan eerder jou Sekuriteits reaksie eenheid, Buurtwag of DBV om
uit te kom asb. Lyk my dis die nuwe Modus Operandi deesdae. Kriminele sit klein
hondjies saans naby jou huis se deure en wag vir jou om uit te kom. MOENIE
daarvoor val nie!
■ Moenie reageer op “hulproep” van jou werkers in die nag nie - maak ‘n
alternatiewe reeling met hulle - in mediese noodgeval byvoorbeeld, kan hulle
jou bel en jy kan ambulans reel !!
■ Moenie vir “verkoops foefies” of “herstelwerk foefies” of “opname truuks” of
“werk soek truuks ”val nie – as hulle nie met jou ‘n afspraak kan maak nie, dan
mag hulle jou nie te siene kry nie !!
■ Moet GEEN vreemdes by of naby jou huis toelaat nie (dag of nag) .. hanteer
dit altyd as ‘n moontlike roof / plaasaanval as daar vreemdes per voertuig of
voet aankom - roep onmiddelik hulp van buite af in voordat hulle naby jou kom
!!
■ Reel al hierdie nood-drils ook met jou bure rondom jou – praat met mekaar, al
is dit 3-uur in die nag en help mekaar so beskerm teen al hierdie slinkse
truuks !!
■ Kry AL die nooddienste, SAPS, Buurtwagte , Sekuriteits reaksie eenheid, ens.
se noodnommers op julle selfone en roep ALTYD EERS hulp van BUITE af in om jou
eiendom te beveilig VOOR jy self uitstorm !!
■ Ons is geregtig op privaatheid en ‘n “veilige spasie” om ons – moenie dat
daardie regte binnegedring word nie – handhaaf dit baie streng !!
■ Vertrou ALTYD jou “6e sintuig”, die “stemmetjie” wat jou waarsku